EntertainmentLifestyle

Groblersdal: Prime Circle is Coming to Town Musiekfees

Die Prime Circle is Coming to Town Musiekfees gaan op Saterdag, 17 Maart by die Chris Wiid Rugby Stadion in Groblersdal gehou word

POLOKWANE – Die Prime Circle is Coming to Town Musiekfees gaan op Saterdag, 17 Maart by die Chris Wiid Rugby Stadion in Groblersdal gehou word, dit te danke aan die Loskopvallei Rusoord ouetehuis en ‘n besorgde inwoner. Die musiekfees begin stiptelik om 15:00.

‘n Marble Hall inwoner Colene Fourie, het self besluit om die groep kunstenaars te kontak om so fondse vir die ouetehuis intesamel. “Die enigste musikante wat bereid was om te help was Prime Circle en ons hoop om soveel as moontlik mense na die musiekfees te lok. Prime Circle gaan sing, maar voor hulle gaan die Verweg Orkes, Die Coffee Snobs en Andries Potgieter ook optree,” vertel sy.

Die Loskopvallei Rusoord ouetehuis in Marble Hall sukkel onder meer met hulle finansies weens die subsidie verwydering. “Ek hoop opreg dat ons genoeg mense kan lok om ten minste van hulle skuld wat al oor die jare opgehoop het, te delg,” las sy by.

Program:

15:00: Hekke open.

17:00 – 18:00: Verweg Boere orkes.

18:00 – 19:00: Die Coffee Snobs.

19:00 – 20:00: Andries Potgieter.

20:00 – 21:00: Prime Circle.

Kaartjies kan gekoop word op https://www.quicket.co.za/events/32458-prime-circle-is-coming-to-town/  of op https://qkt.io/VaUP4t.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button