Rocco de Villiers kom tokkel die klawers
Rocco de Villiers bied 'n opvoering in Polokwane aan en hierdie glansgeleentheid mag nie misgeloop word nie.
POLOKWANE – Rocco de Villiers is in 1970 in Harrismith, Vrystaat gebore.
Sy pa het die banjo gespeel en dít is waar Rocco se liefde vir musiek op ‘n baie jong ouderdom gekweek is en op die jeugdige ouderdom van vier jaar kon Rocco reeds baie goed klavier speel.
In 1987 behaal hy ‘n B.Mus(Ed)-graad aan die Universiteit van die Vrystaat, waarna hy na Johannesburg verhuis.
Hy het reeds 13 instrumentele CDs vrygestel, sy laaste vrystelling is Beautiful Beautiful Hymns 2. Sy voorlaaste drie CDs, Beautiful Beautiful Piano, More Beautiful Piano en Stunning het almal goud of platinum status bereik. Hy ontvang verder verskeie toekennings waaronder Ghoema (2016), Vonk, Sama en Kanna uitstaan.
Rocco laat ook twee skemerkelkie ‘cocktail’-boeke, ‘n DVD en 35 verhoogproduksies die lig sien.
Hy bied ‘n opvoering in Polokwane aan en hierdie glansgeleentheid mag nie misgeloop word nie. Dit vind plaas op Dinsdag, 20 Maart om 18:30 by N.G. Pietersburg-Oos te Betzstraat 97 (op die hoek van Betz- en Natorpstrate). Die koste van die kaartjies beloop R130 per persoon wat ‘n ligte ete, in die vorm van ‘n kaas-en-wyn insluit.
Kaartjies is beskikbaar by N.G. Pietersburg-Oos se kerkkantoor by (015) 295 8849, asook by Rhodesdriftstraat 9, Hampton Court kantoorblok, in Bendor by (015) 296 0851.
Rocco is genomineer en het al die volgende toekennings ontvang: Huisgenoot, Tempo, Ghoema, Vonk, SAMA, Kanna, Woord-trofee en ‘n Cape Theatre-toekenning.




