Klaviermeester, Rocco toor met musiek

Wanneer Rocco de Villiers agter die kla­wers inskuif, betower hy die gehoor met sy musiektalent. Tussenin vervleg hy stories van sy menswees, grootwordjare en optredes se hoogte- en laagtepunte met skreeu­snaakse vertellinge. Só was dit ook Dinsdagaand toe hy konsert vir 400 gaste by die NG Kerk Pietersburg-Oos gehou het wat voorafgegaan is deur ‘n …

Wanneer Rocco de Villiers agter die kla­wers inskuif, betower hy die gehoor met sy musiektalent.
Tussenin vervleg hy stories van sy menswees, grootwordjare en optredes se hoogte- en laagtepunte met skreeu­snaakse vertellinge.
Só was dit ook Dinsdagaand toe hy konsert vir 400 gaste by die NG Kerk Pietersburg-Oos gehou het wat voorafgegaan is deur ‘n gratis optrede by Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes vroeër die middag.
“Danksy julle onder­steuning kan ek terugkyk op twee dekades se sukses, groei en goeie CD-verkope.”
De Villers beoog om in Junie ‘n nuwe CD, Wees net Jouself, bekend te stel en het die gehoor verseker dat hy sal optree tot hy die dag sy kop in Suid-Afrika neerlê waar sy wortels is.

Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Rocco de Villiers en twee aanhangers, Koeksie Meyer (links) en Dricky van der Walt na afloop van sy optrede Dinsdagaand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button