Simfonia Juventi tree eersdaags in Polokwane op

Die gewilde Suid-Afrikaanse jeugorkes, Simfonia Juventi tree op 21 April om 19:00 by Bolivia Lodge op om geld vir die Gereformeerde Susters Kerk Pietersburg-Noord in te samel. Die koor bied ook op 20 April ‘n gratis konsert vir hoër- en laerskoolleerders by Bolivia Lodge om 12:00 aan en reëlings vir bywoning moet vooraf met organiseerder …

Die gewilde Suid-Afrikaanse jeugorkes, Simfonia Juventi tree op 21 April om 19:00 by Bolivia Lodge op om geld vir die Gereformeerde Susters Kerk Pietersburg-Noord in te samel.
Die koor bied ook op 20 April ‘n gratis konsert vir hoër- en laerskoolleerders by Bolivia Lodge om 12:00 aan en reëlings vir bywoning moet vooraf met organiseerder Ans Becker by 082 457 8171 getref word omdat plek beperk is.
Volgens Becker sal die talentvolle Eddie Clayton as dirigent optree. “Hoogsbegaafde tjellis, Christof Joubert, en violis, Catherine Stiff, sal onderskeidelik die ‘Elfentanz’ van Popper en die Allegrogedeelte uit Felix Mendelssohn se Vioolconcerto in E-mineur speel,” sê Becker.
Simfonia Juventi sal onder meer treffermelodieë uit Swanemeer van Tschaikovsky asook Ierse dansmusiek en die temamusiek uit ‘Superman’ speel.
Kaartjies kos R100 vir volwassenes en hoërskoolleerders. Laerskoolleerders kan die konsert gratis bywoon. Ligte verversings gedurende pouse is ingesluit.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button