Ondersteun damestee en gee gestremdes ‘wiele-bene’

Wiele 500 se jaarlikse damestee wat Saterdag­oggend by Grin Court aangebied word, beloof om ‘n uithanggeleentheid te wees en met gaskunstenaars van die statuur van Jakkie Louw en Louis Loock sal daar ook genoeg vermaak wees. Die tema van die geleentheid is Marokkaans en die mees kreatiewe kostuums sal vir aantreklike pryse kwalifiseer. Mathys Roets …

Wiele 500 se jaarlikse damestee wat Saterdag­oggend by Grin Court aangebied word, beloof om ‘n uithanggeleentheid te wees en met gaskunstenaars van die statuur van Jakkie Louw en Louis Loock sal daar ook genoeg vermaak wees. Die tema van die geleentheid is Marokkaans en die mees kreatiewe kostuums sal vir aantreklike pryse kwalifiseer.
Mathys Roets is Wiele 500 se ambassadeur en volgens trustee Michelle Engelbrecht is Wiele 500 ‘n trust wat gestig is om mense met ‘n behoefte aan ‘wiele’ oftewel rolstoele en wat nie vir staatshulp kwalifiseer nie, by te staan. “Ons doel is om die lewenskwaliteit van daardie ‘wiele-bene’-gevalle wat die wil het om ‘n bydrae tot die samelewing te lewer, te bevorder,” verduidelik Engelbrecht. Wiele 500 is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie en die ander trustees is Joria Alberts en Tumelo Magwai.
Kaartjies kos R350 per persoon en is by Exclusive Properties (015 297 1132) of Freshwell (015 296 1276) beskikbaar. Tafels vir 10 persone kan ook bespreek word.
Die funksie begin om 09:00 vir 09:30 en die hoofborge is Exclusive Properties, Freshwell en Zoerdoef.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button