Touch of Class trek vol saal by NG Bendorpark

Die bekroonde duo, Ruhan du Toit en Deon van der Merwe, beter bekend as Touch of Class, se optrede by die NG Kerk Bendorpark het verlede Dinsdagaand vir ‘n vol saal gesorg en die gehoor se geesdriftige applous het daarop gedui dat ou treffers soos ‘Sweet Caroline’, ‘Have you ever seen the rain’ en ‘Sounds …

Die bekroonde duo, Ruhan du Toit en Deon van der Merwe, beter bekend as Touch of Class, se optrede by die NG Kerk Bendorpark het verlede Dinsdagaand vir ‘n vol saal gesorg en die gehoor se geesdriftige applous het daarop gedui dat ou treffers soos ‘Sweet Caroline’, ‘Have you ever seen the rain’ en ‘Sounds of silence’ nog steeds gewild is.
Van der Merwe se instrumentele vernuf en Du Toit se veelsydige vieroktaaf-stem is ‘n perfekte kombinasie en na dertien albums saam, vermaak hulle gehore landwyd met ’n verskeidenheid musiekgenres uit verskillende eras.
Die optrede is voorafgegaan deur ‘n aandmark waar besoekers aan pannekoek, kerrie-en-rys, worsrolle en heerlike poedings gesmul het terwyl hulle gesellig in ‘n tuinatmosfeer op die kerkterrein gekuier het.
Gemeenteleraar Wynand van Beek het ondersteuners van die geleentheid van harte bedank vir hul bydrae en gemeentelede se harde werk met die stalletjies beklemtoon.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Leraar van die NG Kerk Bendorpark, Wynand van Beek, middel, met lede van Touch of Class Deon van der Merwe en Ruan du Toit voor hul optrede.
Gemeentelede Marinda Kruger, Wilma van der Lith, Petro van Beek en Trudie Ströh sorg dat daar genoeg pannekoek vir al die besoekers aan die aandmark is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button