Polokwane Gholfklub se 30-jaar huurkontrak verstryk

‘n Versoek om die geriewe uit te verhuur is verlede Vrydag in ‘n raadsitting ter tafel gelê.

POLOKWANE – Die huidige huurders van die Polokwane Gholfklub se kontrak verstryk eersdaags.

Die geriewe is voorheen vir ‘n tydperk van 30 jaar verhuur, maar die huurkontrak sal binnekort verstryk en ’n versoek vir die goedkeuring om die fasiliteit uit te verhuur is verlede Vrydag tydens die laaste raadsvergadering van die huidige raad se termyn ter tafel gelê.

Die Polokwane-raad sal ‘n hernubare kontrak van vier jaar en 11 maande goedkeur vir die volgende huurder, na ‘n mededingende bodproses gevolg is.

Die fasiliteit met sy klubhuis en kroeg bestaan uit ‘n onthaalarea, swembad, speelarea vir kinders, ablusiegeriewe, twee sale, The Pro Shop, uitspanplek met gholfkarparkeerarea vir 20 gholfkarre, agt personeelkamers met ablusiegeriewe, mans- en vrouekleedkamers met ablusiegeriewe, ‘n 18-putjie gholfbaan met oefengeriewe, ‘n oefenbof met drie oefensetperke, kiosk en ablusiegeriewe, werkswinkels met vier personeelkamers met ablusiegeriewe, asook gholfjoggie- en ablusiegeriewe.

Voornemende huurders sal ‘n huurbedrag van R21 000 per maand betaal, soos bepaal per evaluering deur ‘n professionele evalueerder.

Die verhuring van die klub sal nie die gemeenskap en ander instansies verhoed om die terrein te gebruik nie, maar is onderhewig aan gesamentlike goedkeuring deur die verhuurder en huurder.
Die raad het die huurooreenkoms goedgekeur met ‘n huurverhoging onderhewig aan die verbruikersprysindeks uitgesluit verbandkoste (VPIX).

Verandering en verbeterings by die eiendom sal die huurder se onkoste wees, onderhewig aan skriftelike goedkeuring deur die Polokwane Munisipaliteit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button