Lifestyle

Liewe vrou, hierdie werkswinkel is vir jou

Gretha Garnett, Mrs Africa Globe 2022-finalis, bied op 26 Februarie ‘n inspirerende werkswinkel vir vroue aan om 2022 die beste jaar ooit te maak.

POLOKWANE – Kom leer hoe om jou doelwitte op te stel en jou drome te verwesenlik.

Tydens die damesoggend gaan Gretha nie net met volwassenes gesels nie, maar ook met tieners. “Ek voel my storie kan ‘n jong meisie inspireer om drome te hê en ook haar drome na te jaag. Maar net so glo ek dat my storie ouer vroue ook kan inspireer om te weet dat mens nooit te oud is om nuwe drome na te jaag nie. Ek wil vrouens aanmoedig om uit hulle gate uit te klim en hulle self te herontdek.”

‘n Visiebord is nie net vir jong skoolmeisies nie, maar eerder die padkaart vir jou lewe. Die werkswinkel vind by The Ranch Resort om 09:00 plaas.

Kostes beloop R550 per persoon en die drag is denim. Dit is ‘n oggend vir elke vrou en meisie. Vir meer inligting skakel vir Gretha by 082 448 8116. Kaartjies is beskikbaar by qkt.io/gzd9Oj.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button