Kom deel in Pinocchio se reis

Pinocchio is op 25 tot 27 Julie by The Village Theatre te sien waar hy en sy vriende die gehoor gaan vermaak en na hulle asems laat snak.

POLOKWANE – As jy jok gaan jou neus groei. Of só word kinders reg oor die wêreld wys gemaak wanneer hulle na die storie van Pinocchio luister.

Pinocchio is ‘n bekende hout-marionet wat sy film deurbraak in 1940 gemaak het. Nou is hy op pad om sy storie aan lesers in Polokwane te kom vertel.

Pinocchio beteken stukkie denneboom in Italiaans, waar sy skepper, die skrywer Carlo Collodi hom in 1883 bekendgestel het. Dit vertel die storie van ‘n eensame man wat uit dennehout vir hom ‘n marionet gemaak het.

Die man, Geppetto, het gewens dat die houtseuntjie ‘n regte seun kan word. Die Blou Feetjie het die droom amper waar gemaak toe sy vir Pinocchio gesê het hy sal die volgende oggend kan loop en praat soos ‘n regte seun. As hy homself kan bewys, sal hy ‘n regte seuntjie kan word.

Pinocchio is egter geneig om gereeld leuens te vertel wat veroorsaak dat sy houtneus groei. Op ‘n dag moet hy ‘n keuse maak om ‘n ware seun te word en vir Geppetto te red.

Die les vir elkeen wat die storie sien, is om nie leuens te vertel nie. Dit leer jou ook van liefde en hoe dit jou kan verander.

Pinocchio is op 25 tot 27 Julie by The Village Theatre te sien waar hy en sy vriende die gehoor gaan vermaak en na hulle asems laat snak.

Die vertoning is in die vorm van ‘n pantomieme, of ‘n musikale verhoogproduksie, en die skrywer en komponis, Machiel Roets, se hande werk. Hyself is in die rol van Geppetto en Soli Philander is in die rol van die blou feetjie. Henrico Grobler speel die rol van Pinocchio.

Kaartjies kos R180 vir volwassenes, R150 vir laerskool leerders en R100 vir kleuters en is beskikbaar by Quicket.

Vir meer inligting, kontak Alida van der Schyff by 079 902 4775.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button