Scott-sussies pronk op New York loopplank

Die Scott-susters beskou die New York Fashion Week as 'n lewenslange ervaring.

POLOKWANE – Skaars ‘n jaar nadat hulle met modelwerk begin het, neem die Scott-susters deel aan New York Fashion Week, geklee deur vier verskillende ontwerpers.

Mignon (4), Annebel (13) en Lorelei (15) het in Januarie 2024 by Ace Models Limpopo Central aangesluit nadat Mignon die vorige jaar as eerste prinses in haar afdeling by Face of Savannah geëindig het.

Dit het haar ouer susters geïnspireer om ook modelwerk te begin doen.

“Modelwerk leer my om nie skaam te wees nie én ek kan mooi rokkies dra,” vertel Mignon.

Die ouer twee stem saam dat hulle dit geniet om nuwe mense te ontmoet en nuwe avonture te beleef, al erken hulle dat die lang ure wag en die vreemde gesigte wat in die gehoor vir jou kyk ‘n uitdaging kan wees.

“Ons is goed voorberei vir die wag en maak seker daar is ‘n tablet of boek om te lees terwyl ons wag,” sê Lorelei.

Die reis na New York was vir die gesin ‘n eerste, maar hulle het al aan soortgelyke kompetisies in Johannesburg en by die Botswana Fashion Week deelgeneem.

Hulle beskou die New York Fashion Week egter as ‘n lewenslange ervaring.

“Ons wil baie dankie sê vir die Miss Global Princess South Africa Pageant wat hierdie geleentheid vir ons moontlik gemaak het,” vertel Annebel.

Lorelei voeg by dat modelwerk beslis deel van hul toekomsplanne is en net een van die vele aktiwiteite is wat hulle as kinders en volwassenes wil aanpak.

Hulle het uitrustings gedra deur ontwerpers Carita Adams, Simply Mooi, Young Gods en La Belle.

Die meisies spog met die volgende titels:

Mignon:
• Face of Savannah 2023: Eerste prinses.
• Miss Global Princess South Africa 2024: Eerste prinses.
• Top 3 Miss Ace Models National Pageant.
• Top 5 Model van die Jaar 4-6 jaar Ace nasionale konferensie.
• Wenner: Editorial photographic model of the year Ace nasionale konferensie.

Annebel:
• Miss Global Princess South Africa 2024: Eerste prinses.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button