Atlete bring hulde aan stad se legende
Die jaarlikse Hanlie Steyn Memorial Race het drasties gegroei met ongeveer 500 atlete wat Saterdag aan dié wedloop deelgeneem het, meer as dubbeld soveel as verlede jaar se 200 inskrywings. Die wedloop is vanjaar vir die tweede keer in samewerking met Polokwane Athletic Club (PAC) by Laerskool Pietersburg-Oos aangebied. Die 10 km- en 21,1 km-deelnemers …

Die jaarlikse Hanlie Steyn Memorial Race het drasties gegroei met ongeveer 500 atlete wat Saterdag aan dié wedloop deelgeneem het, meer as dubbeld soveel as verlede jaar se 200 inskrywings.
Die wedloop is vanjaar vir die tweede keer in samewerking met Polokwane Athletic Club (PAC) by Laerskool Pietersburg-Oos aangebied. Die 10 km- en 21,1 km-deelnemers het om 07:00 weggespring gevolg deur die 5 km-pretdraf hardlopers.
Pietersburg Road Runners (PRR) se atlete het skoonskip in beide die 10 en 21,1 km-wedrenne gemaak met Bongikosi Mavuso (31:08) en Calvin Malatji (31:22) wat die eerste en tweede plek in die 10 km ope manskategorie ingepalm het.
Die eerste vrou oor die wenstreep in die 10 km ope vrouekategorie was Primrose Phasha met ‘n tyd van 47:36.
In die ope manskategorie oor 21,1 km het PRR-atleet, Lutendo Mapoto eerste oor die wenstreep met ‘n tyd van 1:07.13 gehardloop, gevolg deur sy spanmaat Phuti Mohale in die tweede plek.
Gift Ramabele was die eerste vrou in die 21,1 km ope vrouekategorie met ‘n tyd van 1:35.52 met PRR-atleet, Geneva Raphahla kort op haar hakke met ‘n tyd van 1:37.37.
PAC-voorsitter, Corrie Calitz het sy tevredenheid oor die wedren uitgespreek en gesê dit was baie suksesvol. Hy is opgewonde oor die groei van die wedloop en wat die toekoms inhou.
Dié wedloop word ter herinnering aan Hanlie Steyn wat in 2015 aan kanker oorlede is, aangebied. Sy is die vrou van bekende prokureur en blinde Comrades Marathon-atleet, Stefan Steyn.
Stefan het aan atlete gesê Hanlie se kankerstryd het dieselfde tyd wat hy sy sig begin verloor het, begin en dat sy hom ten alle tye ondersteun het ten spyte van haar eie gesondheidstryd.
Storie, foto’s en video: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Volledige uitslae van die Hanlie Steyn Memorial Race
10 km
Mans
Ope
Mayson Bangkosi (31:08)
Calvin Malatji
Jacob Khomola
Veterane
Charles Selowa (38:14)
Meesters
Petrus Kgopa (39:53)
Grootmeesters
Bobbie Sacco (45:03)
Juniors
Jacob Khomola (32:02)
Stappers
Jan du Plessis (1:04.41)
Johan Stears
Vrouens
Ope
Primrose Phasha (47:36)
Willemien Lee
Corine van der Merwe
Veterane
Tease Tsholofela (47:36)
Motimele Moletji
Meesters
Florance Mamabolo (58:45)
Grootmeesters
Lilian Mazzaro (1:11.12)
Juniors
Jeany Mathaba (1:01.55)
Stappers
Jolandi du Plessis (1:11.00)
Elize Klopper
21,1 km
Mans
Ope
Lutendo Mapoto (1:07.13)
Phuti Mohale
Ludwich Mamabolo
Veterane
Ludwick Mamabolo (1:11.42)
Thomas Thema
Edward Mathebula
Meesters
Lazarus Seroka (1:22.43)
Talane Talani
Johan Hoogeveegen
Grootmeesters
Simon Mokweya (1:26.15)
Johannes Masehla
Janni Sacco
Juniors
Kwena Matlala (1:14.07)
Vrouens
Ope
Gift Ramabele (1:35.52)
Geneva Raphahla
Donna Greyling
Veterane
Jackie Kruger (2:32.40)
Meesters
Alison Hoogeveegen





21,1 km-opekategorie vir mans.





