Boeremusiekgilde sluit af met ope musiekdag
Die Boeremusiekgilde Pietersburg het Saterdag sy jaar se aktiwiteite met ‘n ope musiekdag by Pietersburg Laerskool afgesluit. Musikante van Johannesburg, Mookgophong, Rustenburg, Groblersdal, Mokopane en Tzaneen het gaste vermaak met ‘n verskeidenheid van musiek, wat ook moderne treffers ingesluit het. Braaivleisvure en pap en sous wat voorsien is, het bygedra tot ‘n gesellige atmosfeer waar …
Die Boeremusiekgilde Pietersburg het Saterdag sy jaar se aktiwiteite met ‘n ope musiekdag by Pietersburg Laerskool afgesluit.
Musikante van Johannesburg, Mookgophong, Rustenburg, Groblersdal, Mokopane en Tzaneen het gaste vermaak met ‘n verskeidenheid van musiek, wat ook moderne treffers ingesluit het. Braaivleisvure en pap en sous wat voorsien is, het bygedra tot ‘n gesellige atmosfeer waar ou vriende saamgekuier het en ook nuwe vriende gemaak het.
Eugene van Heerden, voorsitter van die Boeremusiekgilde Pietersburg, sê dat die geleentheid gereël is om nuwe talent te werf. “Die dag is afgesluit met ‘n mandjiedans en die vol saal was ‘n bewys dat die gemeenskap nog ‘n behoefte aan goeie musiek en saamkuier het,” sê Van Heerden.
Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com


