Boeremusiekgilde vier nuwe bestuur met mandjiedans

Oud en jonk het Saterdagaand gesellig saam verkeer by die Boeremusiekgilde se mandjiedans wat na afloop van ‘n algemene jaarvergadering by Pietersburg Laerskool aangebied is. Die nuwe bestuurslede vir 2017/18 is Eugene van Heerden, voorsitter, Pierre Vermaak, ondervoorsitter, Jemima du Preez, sekretaresse en tesourier, en addisionele lede Estie Vermaak, Juan Vermaak en Burt Porteous. Sjerrie …

Oud en jonk het Saterdagaand gesellig saam verkeer by die Boeremusiekgilde se mandjiedans wat na afloop van ‘n algemene jaarvergadering by Pietersburg Laerskool aangebied is.
Die nuwe bestuurslede vir 2017/18 is Eugene van Heerden, voorsitter, Pierre Vermaak, ondervoorsitter, Jemima du Preez, sekretaresse en tesourier, en addisionele lede Estie Vermaak, Juan Vermaak en Burt Porteous.
Sjerrie en ‘n verskeidenheid sopsoorte is bedien en gaste kon ook hul eie eet- en drinkgoed saabring.
Baie besoekers het net die samesyn en goeie musiek geniet terwyl ander nie die versoeking kon weerstaan om op die maat van immergewilde treffers oor die dansvloer te sweef nie.

Storie, video & foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Amanda en Wessel Potgieter geniet die musiek. Wessel is Noordstreek-direkteur van die Boeremusiekgilde.
Lionel Reeve en Jenny Potgieter is getroue ondersteuners van die Boeremusiekgilde.
Len Stoop, Annette Oosthuizen, Corné Willemse en Riena Vogel in ligte luim.
Eugene van Heerden speel baskitaar tydens die Boeremusiekgilde se mandjiedans Saterdag.

 

 

Back to top button