Charlotte Steele groet Babbelbekkies, stad
Ouers en kleuters van Babbelbekkies Kleutergroep het verlede Maandag tydens ‘n geselligheid afskeid geneem van Charlotte Steele, wat vir 12 jaar as hoof aan die skool verbonde was. Steele sê dit was ‘n verrykende ervaring. “Ek het die skool van ‘n groepie van net drie kleuters tot die huidige 25 sien groei met twee assistente …
Ouers en kleuters van Babbelbekkies Kleutergroep het verlede Maandag tydens ‘n geselligheid afskeid geneem van Charlotte Steele, wat vir 12 jaar as hoof aan die skool verbonde was. Steele sê dit was ‘n verrykende ervaring. “Ek het die skool van ‘n groepie van net drie kleuters tot die huidige 25 sien groei met twee assistente en gaan die kleuters baie mis.”
Steele se man, Jimmy, is onlangs as hoof van Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane aangestel en die egpaar vestig hul binnekort daar.
Léani Nel is die nuwe eienaar en hoof wat Steele opvolg. Sy was vir vier jaar aan Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum verbonde en is al 12 jaar in die onderwys. “Pre-primêre onderwys is my passie en ek sien baie daarna uit om Babbelbekkies Kleutergroep verder uit te bou. Ek is ook die huiseienaar en gaan op die terrein woon,” sê Nel.
Die kleuters is vermaak met ‘n optrede deur Ronnie die Renoster waarna elkeen springmielies en lekkergoed ontvang het.
Storie, foto’s en video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com


