Eeufeeshuis se jaarafsluiting met dans, ete gevier
Inwoners en dagbesoekers van Eeufeeshuis het verlede Woensdag hul sorge vir ‘n oomblik opsygeskuif en opgewonde aan die pret tydens die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) Limpopo se jaarafsluitingsfunksie deelgeneem. Voordat die gaste op die maat van musiek wat deur twee plaaslike platejoggies, Dirk Grobler en Jeandré Schoeman verskaf is, op die dansvloer gekuier …
Inwoners en dagbesoekers van Eeufeeshuis het verlede Woensdag hul sorge vir ‘n oomblik opsygeskuif en opgewonde aan die pret tydens die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) Limpopo se jaarafsluitingsfunksie deelgeneem.
Voordat die gaste op die maat van musiek
wat deur twee plaaslike platejoggies, Dirk Grobler en Jeandré Schoeman verskaf is, op die dansvloer gekuier het, is hul gesigte by die saal se ingang geverf en hul hoedjies en versierings reggeskuif.
President van APD Limpopo, Marina van Eeden en haar span vrywilligers het vanjaar ‘n smaaklike ete met gebraaide hoenderboudjies, frikadelle, kouevleise, aartappel- en ertjieslaai en broodrolletjies voorgesit en dit is afgerond met yskoue roomys op ‘n baie warm dag.
Van Eeden het die vrywilligers en personeel van harte bedank vir hul harde werk deur die jaar en ook vir die funksie. “Die belangrikste is dat julle die dag moet geniet en almal weer veilig terugkeer na die feestyd,” was haar boodskap.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com


