Elandré vind aanklank by jonk en oud
Elandré Schwartz het behoorlik bekoor met sy diep stem tydens sy optrede by die Hervormde Kerk Welgelegen-Pietersburg Vrydagaand. Schwartz het naam gemaak toe hy ‘n video van sy weergawe van Bruce Springsteen se treffer, ‘Tougher than the rest’, in Oktober 2016 aanlyn vrygestel het. Meer as 800 000 mense het daarna gekyk en hy het …
Elandré Schwartz het behoorlik bekoor met sy diep stem tydens sy optrede by die Hervormde Kerk Welgelegen-Pietersburg Vrydagaand.
Schwartz het naam gemaak toe hy ‘n video van sy weergawe van Bruce Springsteen se treffer, ‘Tougher than the rest’, in Oktober 2016 aanlyn vrygestel het. Meer as 800 000 mense het daarna gekyk en hy het as gevolg daarvan ‘n kontrak verkry.
Familie en vriende het die vertoning bygewoon en die geure vanaf die kosstalletjies het monde laat water en gou-gou gesorg dat hulle al etende hulle sitplekke ingeneem het.
Schwartz het ‘n groot verskeidenheid liedjies, van countrymusiek tot liedjies wat hy self geskryf het gesing, en sodoende gesorg dat sy gehoor nie vir ‘n oomblik belangstelling verloor het nie.
Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za



