Gewildheid van Jo Black neem net toe

Oornagmusieksensasie, Jo Black, het aanhan­gers Maandagaand aan sy voete gehad tydens ‘n konsert by AGS Taberna Dei Ooskampus. Sy weergawes van ‘Die vrou wat ek liefhet’ en ‘Bring die hoop weer terug’ het groot byval gevind en hy het die gehoor met vertellings uit sy kinderdae vermaak. Jo Black is die verhoognaam van Jo Engel­brecht, …

Oornagmusieksensasie, Jo Black, het aanhan­gers Maandagaand aan sy voete gehad tydens ‘n konsert by AGS Taberna Dei Ooskampus.
Sy weergawes van ‘Die vrou wat ek liefhet’ en ‘Bring die hoop weer terug’ het groot byval gevind en hy het die gehoor met vertellings uit sy kinderdae vermaak.
Jo Black is die verhoognaam van Jo Engel­brecht, ‘n boorling van Pretoria-Noord wat agt jaar in die konstruksiebedryf gewerk het en eers in kroeë begin sing het.

Jo Black op die verhoog.

Later het hy by lofsang­geleenthede by kerke begin optree terwyl hy as motiveringspreker by veral skole opgetree het. Sy eerste CD, Skepe, wat in Maart vanjaar vryge­stel is, het binne vier maande goue status en binne ses maande platinumstatus bereik. Sy boodskap aan ander, veral jongmense, is om goed te wees vir jouself en vir ander en om self die verandering te wees wat jy wil teweegbring.
Voor sy optrede het hy in ‘n kort onderhoud met Polokwane Observer gesê dat sy tatoeëermerke sy storie vertel. “Sodra ek iets betekenisvol ervaar, maak ek dit permanent in my vas met ‘n tatoeëermerk.”
Hy is ook die man agter die ‘Be that guy/girl’-projek. “Dit is ‘n platform waar kinders geleer word dat almal se storie nie altyd maklik is nie en daarom is dit belangrik om almal soos ‘n iemand te laat voel,” verduidelik hy.

Orkeslede Deon Dee, Zander Kriegler, Jo Black, Ruan Graaff en Estian le Grange.

Storie, foto’s & video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Back to top button