Graad R-atlete wikkel tydens byeenkoms by Suidskool
Tussen spankrete en hope pret deur het die graad R-leerders van Pietersburg Laerskool verlede Donderdag gewys dat daar hope ontluikende atletiektalent onder hulle is. Touspring-naellope, ‘n hindernisbaan, verspring, hoogspring en gewigstoot met ‘n boontjiesak was van die items waaraan leerders deelgeneem het. Elke leerder het ook een keer om die baan van 400 m gehardloop. …
Tussen spankrete en hope pret deur het die graad R-leerders van Pietersburg Laerskool verlede Donderdag gewys dat daar hope ontluikende atletiektalent onder hulle is.
Touspring-naellope, ‘n hindernisbaan, verspring, hoogspring en gewigstoot met ‘n boontjiesak was van die items waaraan leerders deelgeneem het. Elke leerder het ook een keer om die baan van 400 m gehardloop.
Die kleingoed het hul sterk spangees met liedjies soos Jêmblikke Visblikke gewys voor die atletiekitems begin het.
Die doel van die byeenkoms was om kleuters al aan atletiek bloot te stel om ‘n liefde vir die gewilde sport te kweek.
Storie, foto’s en video: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com





