Joshua na die Reën luid toegejuig na skittervertoning

Sanger en liedjieskrywer, Joshua na die Reën, se optrede by die NG Kerk Bendorpark het verlede Dinsdagaand vir ‘n vol saal gesorg en aanhangers se toejuiging het geen twyfel gelaat dat sy vertolking van die steeds gewilde ‘Piano man’ en ander ou treffers groot byval gevind het nie. Sy weergawes van ‘Vir altyd’ en ‘Lig …

Sanger en liedjieskrywer, Joshua na die Reën, se optrede by die NG Kerk Bendorpark het verlede Dinsdagaand vir ‘n vol saal gesorg en aanhangers se toejuiging het geen twyfel gelaat dat sy vertolking van die steeds gewilde ‘Piano man’ en ander ou treffers groot byval gevind het nie.
Sy weergawes van ‘Vir altyd’ en ‘Lig op die horison’ het die gehoor aan sy voete gehad en handtekeninge is na afloop van sy optrede, aan aanhangers, saam met wie hy vir foto’s nadergestaan het, uitgedeel.
Joshua na die Reën is die verhoognaam van Jacques de Villiers, wat onder meer vroeër vanjaar ‘n SAMA-prys vir beste kontemporêre musiekalbum vir sy album, ‘Die wêreld binne my’ ontvang het.
Die konsert is voorafgegaan deur ‘n aandmark met watertand eet- en drinkgoed.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Rudi Erasmus, Freddie Theron en Jan Weideman braai sosaties by die NG Kerk Bendorpark se aandmark.
Shereen en Robert Goliath met die eetgoed wat hulle by die aandmark gekoop het.
Joshua na die Reën op die verhoog.
Elaine van Staden skep kerrie-en-rys vir gaste.
Joshua na die Reën se jong aanhanger, Julana Moelich, ontmoet haar held.
Back to top button