Kleuters se prettige herfvere
Met die winterkoue wat al meer sy ysige vingers oor die vensterrame stoot, het die kleuters van Werk en Wen Pre-primêre Skool verlede Vrydagoggend in kleurvolle uitrustings by die skool opgedaag om die laaste twee weke van die herfsseisoen te vier. Die jongspan het oudergewoonte aan worsbroodjies en warm melksjokolade gesmul en met blom- en …
Met die winterkoue wat al meer sy ysige vingers oor die vensterrame stoot, het die kleuters van Werk en Wen Pre-primêre Skool verlede Vrydagoggend in kleurvolle uitrustings by die skool opgedaag om die laaste twee weke van die herfsseisoen te vier.
Die jongspan het oudergewoonte aan worsbroodjies en warm melksjokolade gesmul
en met blom- en blaaruitrustings gespog.
“Die leerders het spontaan saamgesing en hul aan mekaar se uitrustings verstom. Die ouers se inisiatief en hulp het duidelik geblyk en ‘n hele paar het kom oë wys om hul nuuskierigheid te bevredig. Die viering was oudergewoonte ‘n groot sukses en is al 15 jaar lank ‘n instelling by die skool,” sê skoolhoof Monica Strauss.
Storie en foto’s:BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



