Kleuters sing, dans in Afrikaans

Perkelose geduld, toewyding en baie oefen was die suksesresep vir Werk en Wen Pre-primêre Skool se konsert verlede Donderdagaand. Die klasse het ouers en grootouers vermaak met items wat vir die tema, ‘Dans in Afrikaans’ gepas was. Die Bytjies se items was Superman, Batman en Reënspinnekop, terwyl die Pikkewyne gaste met Duitsweswals Dans met die …

Perkelose geduld, toewyding en baie oefen was die suksesresep vir Werk en Wen Pre-primêre Skool se konsert verlede Donderdagaand.
Die klasse het ouers en grootouers vermaak met items wat vir die tema, ‘Dans in Afrikaans’ gepas was. Die Bytjies se items was Superman, Batman en Reënspinnekop, terwyl die Pikkewyne gaste met Duitsweswals Dans met die rooi rok en Meisie sonder sokkies vermaak het.
Die Uile se items was Papgooiervlei en Sonbrilletjies en die Hasies het Kom help my varkie vang en Bamboesbos aangebied. Die katte het vir Boe! en Roer jou voete gesorg terwyl die personeel Mphe di Hoenor opgevoer het.
Al die kleuters het aan ‘n massa-item genaamd, My pa is die Koning, deelgeneem en leiers van Pietersburg Laerskool het as byspe­lers met items gehelp.
Skoolhoof, Monica Strauss, het die sukses van die konsert, wat by AGS Taberna Dei Ooskampus aangebied is, aan harde werk van ouers en personeellede toegeskryf en die kleuters gelukgewens met hul bydraes.

Storie, foto’s en video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Luke McLaughlin, Marlu Oggioni en Zack Janse van Rensburg van die Uileklas is gereed vir groot pret.
Anke Naudé van die Bytjieklas dans op maat van die musiek.
Supermanbytjie, Reagan Booyzen.
Back to top button