Koorfees trek stad se bestes
Curro Heuwelkruin se Laerskool Seniorkoor onder leiding van Ursula Botha en begelei deur Elmarie Swanepoel het onlangs met die louere weggestap by ‘n koorfees wat deur Akademie Reformia by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied is. Akademie Reformia se Junior Ensemble het die program geopen terwyl die skool se Senior Ensemble weer later in die …
Curro Heuwelkruin se Laerskool Seniorkoor onder leiding van Ursula Botha en begelei deur Elmarie Swanepoel het onlangs met die louere weggestap by ‘n koorfees wat deur Akademie Reformia by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied is.
Akademie Reformia se Junior Ensemble het die program geopen terwyl die skool se Senior Ensemble weer later in die program aan die beurt gekom het.
Die Ensemble Esprit Kamerkoor, die koor van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en die Kollegekoor en Intermediêre Fasekore van Mitchell House het mekaar die stryd aangesê en dit vir die gehoor moeilik gemaak om die beste koor te kies.
Die finale uitslag is bepaal deur die gehoor wat hul programme as stembriewe gebruik het en hul voorkeure daarop moes aandui.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



