Kruinies op ‘n stasie met vanjaar se revue
Gaste is deur Radio Springbok tydens Curro Heuwelkruin se revue begroet wat vir lekker voetstampmusiek en vurige danspassies gesorg het. Die revue is Maandagaand vir laerskoolleerders opgevoer en word nog vanaand (Donderdag) vir ouers en belangstellendes aangebied. Radio Springbok bied ‘n groot verskeidenheid musiek in Afrikaans en Engels en gepaardgaande danse van hedendaags musiek tot …

Gaste is deur Radio Springbok tydens Curro Heuwelkruin se revue begroet wat vir lekker voetstampmusiek en vurige danspassies gesorg het.
Die revue is Maandagaand vir laerskoolleerders opgevoer en word nog vanaand (Donderdag) vir ouers en belangstellendes aangebied.
Radio Springbok bied ‘n groot verskeidenheid musiek in Afrikaans en Engels en gepaardgaande danse van hedendaags musiek tot sover terug as die 1980’s. Kompetisies word oor die lug aangebied en luisteraars skakel in om hulle sê te sê. Tydens ‘n nuusbulletin word die varsste nuus gedeel. Regisseur, Nicole Senekal, het leerders vir hul harde werk en opofferings bedank.
Storie, foto’s en video: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com







