Leerders pluk betowering uit revue-hoed
‘n Uitmuntende keurspel van sang- en dansnommers het verlede week gesorg dat Pietersburg Laerskool se skoolsaal vir drie aande lank tjok en blok vol gesit het met gehore wat elke oomblik van die skool se revue geniet het. Leerders van graad R tot 7 het ‘n beurt op die verhoog gekry en bewys dat hulle …
‘n Uitmuntende keurspel van sang- en dansnommers het verlede week gesorg dat Pietersburg Laerskool se skoolsaal vir drie aande lank tjok en blok vol gesit het met gehore wat elke oomblik van die skool se revue geniet het.
Leerders van graad R tot 7 het ‘n beurt op die verhoog gekry en bewys dat hulle net so hard kan speel as werk.
Gewilde kinderliedjies soos Heidi, Do-Re-Mi, Dapper muis en Haas Das se nuuskas is deur die jonger leerders opgevoer terwyl die ouer leerders nuwe lewe aan items soos Any dream will do, Dans op die tafels en Kaalvoetsokkie gegee het.
Selfs die leerkragte het gewys waartoe hulle in staat is met ‘n dansitem wat groot byval by oud en jonk gevind het.
Storie, foto’s en video: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com









