Leeuwkuil GPF-pretdag lok groot belangstelling

Die Leeuwkuil Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se pretdag wat Saterdag op ‘n hoewe buite die stad gehou is, is goed ondersteun deur inwoners en besoekers. Die plaaslike Wag-‘n-Bietjie Orkes het vir musiek gesorg en kinders het aan ‘n sakresies deelgeneem terwyl geleentheid gebied is om ‘n paar balle op die gholfoefenbof af te slaan. ‘n Verskeidenheid eet-en …

Die Leeuwkuil Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se pretdag wat Saterdag op ‘n hoewe buite die stad gehou is, is goed ondersteun deur inwoners en besoekers.
Die plaaslike Wag-‘n-Bietjie Orkes het vir musiek gesorg en kinders het aan ‘n sakresies deelgeneem terwyl geleentheid gebied is om ‘n paar balle op die gholfoefenbof af te slaan. ‘n Verskeidenheid eet-en drinkgoed was te koop en ‘n potjiekoskompetisie het kokke se vaardighede beproef.
Die Ladanna GPF het die geleentheid ondersteun en twee bergfietse wat as pryse in ‘n trekking uitgeloof is, geskenk.
Polla Venter, voorsitter van die Leeuw­kuil GPF, verduidelik dat die geleentheid gereël is om inwoners van die kleinhoewes aan mekaar voor te stel en ‘n bewustheid vir die rol van die GPF te kweek.
“Die omstandig­hede waarin ons leef, maak dit noodsaaklik dat inwoners met mekaar skakel want ons is op mekaar aangewese. Ons moet mekaar se oë en ore wees,” sê Venter.

Storie, foto’s & video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Bosman Brink, Polla Venter, voorsitter van die Leeuwkuil GPF, en Michiel Roos, potjiekosbeoordelaar, by Brink se bees en hoenderpotjie.
Maia Kalla en Stacey Bebser haal uit na die wenstreep toe tydens die sakresies.
Morné Burger en Johan Duvenhage van Ladanna GPF en Polla Venter, voorsitter van die Leeuwkuil GPF, by die bergfietse wat deur Ladanna GPF geskenk is.
Lede van die Wag-‘n-Bietjie Orkes Jacques Erasmus, Dawie Roux, Christo Erasmus, Jannie Janse van Vuuren en Burt Porteous maak musiek by die pretdag.
Willie Kruger, Anna-Marié le Roux en Mari Fritz verkoop boerewors, vetkoeke met gemaalde vleis en kolwyntjies.
Back to top button