Liefde voer die botoon

Liefde het behoorlik by Laerskool Pietersburg-Oos met hul Valentynsdagvieringe geblom. Leerders was in wit, rooi en selfs pienk uitgevat en kon tydens die mark ‘n groot verskeidenheid Valentynsgeskenke en -kaartjies koop, waarvan baie deur leerders self gemaak is. Later in die dag is die Mnr. en Mej. Valentyn-kompetisie gehou en die wenners was T.J. Conradie …

Liefde het behoorlik by Laerskool Pietersburg-Oos met hul Valentynsdagvieringe geblom.
Leerders was in wit, rooi en selfs pienk uitgevat en kon tydens die mark ‘n groot verskeidenheid Valentynsgeskenke en -kaartjies koop, waarvan baie deur leerders self gemaak is.
Later in die dag is die Mnr. en Mej. Valentyn-kompetisie gehou en die wenners was T.J. Conradie en Stefani Groenewald. Finaliste se kennis van die skool is onder meer deeglik getoets.
Die personeel is op ‘n smaaklike Valentynsete getrakteer wat deur leerders voorgesit is.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Mnr en Mej Valentyn 2018 is TJ Conradie en Stefani Groenewald.
Jannieke Kruger en Anandré Minnaar het die sweetpakbaadjies spesiaal vir Valentynsdag laat maak.
Cara Botha spog by die mark met rose in haar hare.
Mienke Becker en Miné Olivier met selfgemaakte geskenke.
Nathan Volschenk en Luis Rentroia is ingenome met die mark.
Franco Schutte en N.W. van Oudtshoorn het kaartjies verkoop om ‘n teddiebeer te wen.
Dylan Potgieter en Divan Brown verkoop lekkers.
Back to top button