Mandjiedans maak litte los
Saterdagaand se Mandjiedans het weer bewys dat funksies van die SAVF Polokwane nie net vir senior burgers is nie, toe vriende van die stad hul mandjies gepak het en by inwoners van Vergeet-my-nie Behuisingsentrum aangesluit het om gesellig saam te verkeer. DJ Gogga, oftewel Rachelle Smit, het met sy klankstelsel vir lewendige musiek gesorg en …
Saterdagaand se Mandjiedans het weer bewys dat funksies van die SAVF Polokwane nie net vir senior burgers is nie, toe vriende van die stad hul mandjies gepak het en by inwoners van Vergeet-my-nie Behuisingsentrum aangesluit het om gesellig saam te verkeer.
DJ Gogga, oftewel Rachelle Smit, het met sy klankstelsel vir lewendige musiek gesorg en dansers kon nie bly sit toe treffers soos Outa in die langpad en nuwer treffers uit die tagtigerjare gespeel is nie.
Dawie Lee, bestuurder van SAVF Polokwane, sê hy is tevrede met die opkoms en beïndruk met die belangstelling wat inwoners van die stad in die sentrum se aktiwiteite toon.
“Dit laat senior burgers voel dat hulle nie vergete is nie,” sê Lee.
Serena McLaren, maatskaplike werker van die SAVF Polokwane sê dat dit vir die inwoners van die tehuis belangrik is om met besoekers te kuier en dat die mandjiedans ‘n geleentheid bied om nuwe vriende te maak.
Storie, foto’s en video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com


