Mnr en Mej Oosskool 2018 gekroon

‘n Atmosfeer van afwagting en opwinding het verlede Donderdagaand tydens die Mnr en Mej Oosskool-finaal geheers. Shani du Plessis is as Mej Oosskool gekroon met Celente Badenhorst as eerste prinses en Tanya Kruger as tweede prinses. Hanré Willemse is ‘n waardige wenner van die Mnr Oosskool-titel met Derik Bezuidenhout as eerste prins en Ayden Jordaan …

‘n Atmosfeer van afwagting en opwinding het verlede Donderdagaand tydens die Mnr en Mej Oosskool-finaal geheers.
Shani du Plessis is as Mej Oosskool gekroon met Celente Badenhorst as eerste prinses en Tanya Kruger as tweede prinses. Hanré Willemse is ‘n waardige wenner van die Mnr Oosskool-titel met Derik Bezuidenhout as eerste prins en Ayden Jordaan as tweede prins.
In die afdeling vir liefdadigheidsprojekte, wat ‘n integrale deel van die kompetisie uitmaak, het Tanya Kruger en Derik Bezui­denhout se uitreikaksies en insamelings vir Hoop vir Kinders kop en skouers bo die res uitgestaan. Die paar het broodnodige klere, speelgoed en niebederfbare kos met die hulp van die graad 3-leerders ingesamel.
Tanya en Derik het ook die eie inisiatief vermaakitem met hul vertolking van DIY met Suzelle gewen.
Graad 3-onderwyser, Dela Kruger, se klas het die meeste skenkings ingesamel met Rita Gadney se klas kort op hul hakke.
Gideon Pelzer, skoolhoof, het die organiseerders, Michelle van der Westhuizen en Elrie Herholdt, en die beoordelaars, Stefan van Heerden, ‘n plaaslike tandarts, asook Dirkie van der Merwe en Inge Brits, Mnr en Mej PHS, vir hul bydrae tot die kompetisiesukses bedank en die wenners gelukgewens.

Storie: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Die wenners van die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie is Celente Badenhorst, eerste prinses, Tanya Kruger, tweede prinses, Shani du Plessis, Mej Oosskool 2018, Hanre Willemse, Mnr Oosskool 2018, en Derik Bezuidenhout, eerste prins.
Shani du Plessis, Mej Oosskool, en Hanre Willemse, Mnr Oosskool.
Ayden Jordaan is as Mnr Oosskool se tweede prins gekroon.
Tanya Kruger is ‘Suzelle DIY’ en Derik Bezuidenhout is ‘Mariaan’ in die paartjie se eie inisiatief opvoering. Die twee het ook die liefdadigheidsprojek-afdeling gewen.
Back to top button