Munisipaliteit se beheerkamer oorstroom tydens swaar reën

Swaar reën wat die afgelope paar dae in Polokwane geval het, het chaos by die Polokwa­ne Munisipaliteit se beheerkamer in Ladanna veroorsaak. Polokwane Observer het videomateriaal van ‘n inwoner ontvang wat toon hoe water deur die beheerkamer se dak oor die elektriese kabels stroom. Polokwane Munisipaliteit kommunikasie- en bemarkingsbestuurder Matshidiso Mothapo het gesê ‘n kontrakteur …

Swaar reën wat die afgelope paar dae in Polokwane geval het, het chaos by die Polokwa­ne Munisipaliteit se beheerkamer in Ladanna veroorsaak.
Polokwane Observer het videomateriaal van ‘n inwoner ontvang wat toon hoe water deur die beheerkamer se dak oor die elektriese kabels stroom.
Polokwane Munisipaliteit kommunikasie- en bemarkingsbestuurder Matshidiso Mothapo het gesê ‘n kontrakteur is ingeroep om die skade aan die dak dringend te herstel. “Gelukkig is daar geen ander skade aan ons infrastruktuur of toerusting nie.”
Hy het verder gesê daar is nog geen klagte van skade in en rondom die stad ontvang nie, maar sodra die reën opklaar sal ‘n span uitge­stuur word om assessering te doen en skade te herstel waar nodig.

Storie & video’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Back to top button