Osies bederf bejaardes met kolwyntjies

Die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie is in volle swang en twee van die finaliste, Eduard de Lange en Athlene Geddes, het Vrydag saam met Laerskool Pietersburg-Oos se graad 1-spreekkoor by Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes besoek afgelê. Tydens die kompetisie word finaliste in pare verdeel en ‘n graadgroep en liefdadigheidsprojek word aan elke paar toegewys. …

Die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie is in volle swang en twee van die finaliste, Eduard de Lange en Athlene Geddes, het Vrydag saam met Laerskool Pietersburg-Oos se graad 1-spreekkoor by Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes besoek afgelê.
Tydens die kompetisie word finaliste in pare verdeel en ‘n graadgroep en liefdadigheidsprojek word aan elke paar toegewys.
Eduard en Athlene werk saam met die graad 1-klasse om na die tehuis uit te reik en het hul projek begin deur kolwyntjies uit te deel terwyl die inwoners die spreekkoor se opvoering geniet het.
Oosskool is met reg trots op die graad 1-speekkoor wat 99% tydens die onlangse Bosveld Kunsfees behaal het.
Athlene se ma, Ronel Geddes, sê Dawie Lee, bestuurder van die SAVF in Polokwane, het ‘n lys van benodigdhede aan hulle verskaf.
Die graad 1-ouers skenk items wat op die lys aangedui is en le­wer dit tweeweekliks by die tehuis af.
Inwoner, Delila Welgemoed, sê sy het die leerders se goeie maniere waardeer, terwyl mede-inwoner, Rina Pretorius, die heerlike kolwyntjies geprys het.

Storie, foto’s en video: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Martha Hofmeyr-inwoners, Harry Morokolo en Alpheus Makgae, voor, ontvang soethappies by Henry Lubbe en sy pa, Francois, agter.
Dawie Lee, SAVF-bestuurder, middel, help Mnr en Mej Oosskool-finaliste, Athlene Geddes en Eduard de Lange om kolwyntjies aan te dra.
Mnr en Mej Oosskool-finaliste, Eduard de Lange en Athlene Geddes, bedank die graad 1-spreekkoor.
Delilah Welgemoed, inwoner van die tehuis ontvang ‘n kolwyntjie by graad 1-spreekkoorlid, Mieke Schoeman.

 

Back to top button