Oud-Tommie VLR oorhandig leisels

Die uittredende Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het onlangs ‘n jare lange tradisie voortgesit deur die juk van die ossewa aan die nuutverkose VLR te oorhandig. Die seremonie behels dat die vorige VLR ‘n ossewa op die atletiekbaan vanaf die 100 m-wegspringmerk tot by die 50 m-merk voor die pawiljoen trek. …

Die uittredende Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het onlangs ‘n jare lange tradisie voortgesit deur die juk van die ossewa aan die nuutverkose VLR te oorhandig.
Die seremonie behels dat die vorige VLR ‘n ossewa op die atletiekbaan vanaf die 100 m-wegspringmerk tot by die 50 m-merk voor die pawiljoen trek. Daarna klim hulle bo-op die wa wat dan deur die nuwe raad tot by die wenstreep gesleep word.
“Die seremonie is ‘n simboliese oorhandiging van pligte vanaf een VLR-groep na ‘n volgende,” het skoolhoof Piet Holtzhausen verduidelik.
Tommies se VLR-meisies is Michelle Mensah, Dominic Erasmus, Geraldine Brits, Martinique Whitehead, Thandi Ngoveni, Mariska Lourens, Orifa Mbedzi, Khumo Mothlabane, Elzien Minnaar, Mathilda Koekemoer, Johanita Cilliers en Zelrie du Bruyn.
Die seunsgroep bestaan uit Hanno Bester, Neo Masesane, Damian Pinn, Kagiso Makgakga, Ryno van der Merwe, Tebogo Makgabo, CJ Nel, Hendrik Muyburg, Tony Mashengete, Coenraad Oosthuizen, Damian Arle, Tyrique Kotze, Jandré Visagie, André Thirion en Marko Kubbanek.
Volgens Retha Killian, HTS VLR-hoof, sal die dagbestuur en hoofleiers na die VLR-kamp aangekondig word.

Storie, foto’s en video: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Tommies se nuutverkose VLR is gereed om die nuwe jaar se uitdagings te aanvaar.
Tom Naudé se uittredende VLR staan gereed om die wa vir ‘n laaste keer te trek.
Back to top button