Ronnie die Renoster leer Osies lewenslesse
Kinders leer op hul maklikste wanneer interaktiewe spel en beweging betrokke is en die graad R- tot 3-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Ooskool) het verlede Dinsdag speel-speel meer oor natuurbewaring en selfwaarde geleer. Die grondslagfase-leerders het met Ronnie die Renoster, Jess en Riki kennis gemaak en belangrike lesse oor afknouery, goeie maniere en selfvertroue geleer. Ronnie …
Kinders leer op hul maklikste wanneer interaktiewe spel en beweging betrokke is en die graad R- tot 3-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Ooskool) het verlede Dinsdag speel-speel meer oor natuurbewaring en selfwaarde geleer.
Die grondslagfase-leerders het met Ronnie die Renoster, Jess en Riki kennis gemaak en belangrike lesse oor afknouery, goeie maniere en selfvertroue geleer. Ronnie het ook met hulle oor renosters en waarom dit belangrik is om hulle te beskerm, gesels.
Ronnie het saam met die kinders gesing
en gedans om sy boodskap tuis te bring en briewe van denkbeeldige dierevriende vanuit die wildtuin voorgelees om belangrike lewenslesse oor te dra. Rhiete Marais, skepper van Ronnie die Renoster wat ook die rol van Riki vertolk, sê sy en Jessica Hattingh (Jess) het vier jaar gelede besef dat daar min veldtogte oor renosterstroping is wat op jong kinders gemik is en die karakters geskep. “Ons toer elke jaar deur die hele land en het Polokwane vir die derde keer besoek.”
Anjah de Nysschen, Oosskool graad R-graadhoof, sê die grondslagfase se leerplan handel tans oor natuurlewe en dat Ronnie se besoek perfek hierby inpas. “Die interaktiewe vertoning is vir die leerders van groot waarde omdat hul beter leer en onthou wanneer hul persoonlik by ‘n les betrokke is.”
Storie, foto’s en video: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za
