Selfoondiefstalbende slaan toe
Die polisie kon nog nie daarin slaag om die bende van ongeveer 13 booswigte aan te keer wat Vrydag glo by ‘n residensiële inkopiesentrum op die hoek van Marshall- en Websterstraat en in die omgewing toegeslaan en op gewelddadige wyse verskeie mense, wat volwassenes en kinders insluit, openlik van hul selfone beroof het nie. ‘n …

Die polisie kon nog nie daarin slaag om die bende van ongeveer 13 booswigte aan te keer wat Vrydag glo by ‘n residensiële inkopiesentrum op die hoek van Marshall- en Websterstraat en in die omgewing toegeslaan en op gewelddadige wyse verskeie mense, wat volwassenes en kinders insluit, openlik van hul selfone beroof het nie.
‘n Leerder wat die nuutste voorval gesien en op sy selfoon opgeneem het, sê hy en ‘n vriend was op pad na die sentrum toe hulle sien hoe ‘n groep mense twee van die bendelede glo aankeer en begin slaan het. “Volgens inligting het die bende glo vroeër die dag elders in die omgewing ook verskeie mense van hul selfone beroof en hul modus operandi by die sentrum voortgesit waar twee van hulle hul rieme teen gemeenskapslede styfgeloop het,” sê die leerder. Op die video kan gesien word hoe een van die rampokkers op die grond neergevel word nadat hy glo ‘n selfoon gesteel het.
Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba kon nie die voorval by die sentrum bevestig nie, maar het gesê ‘n 17-jarige leerder is dieselfde dag in Jonesstraat naby die inkopiesentrum glo deur ‘n groep verdagtes met ‘n vuurwapen gedreig en van sy selfoon beroof.Enigiemand met inligting kan die misdaadnommer 08600 10111 skakel.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com