Selfoondiefstalbende slaan toe

‘n Selfoondiefstalbende van 13 mense het Vrydag by ‘n residensiële inkopiesentrum op die hoek van Marshall- en Websterstraat en in die omgewing toegeslaan en op gewelddadige wyse verskeie mense (volwassenes en kinders) openlik van hul selfone beroof. Op die video kan gesien word hoe een van die rampokkers op die grond neergefel word nadat hy …

‘n Selfoondiefstalbende van 13 mense het Vrydag by ‘n residensiële inkopiesentrum op die hoek van Marshall- en Websterstraat en in die omgewing toegeslaan en op gewelddadige wyse verskeie mense (volwassenes en kinders) openlik van hul selfone beroof. Op die video kan gesien word hoe een van die rampokkers op die grond neergefel word nadat hy na bewering ‘n selfoon gesteel het. Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba kon nie die voorval bevestig nie en sou later op navrae reageer.

Back to top button