Slenterdrag, harte en liefde vir spesiale dag

Skooldrag was nie op die agenda toe leerders van Hoërskool Pietersburg verlede Woensdag Valentyns­dag by die skool gevier het nie, Slenterdrag, plaasklere en ‘n paar hartjies hier en daar was aanvaarbaar. Dié dag wat as hoofgeldinsamelingsinisiatief vir die matriekafskeid dien, word deur die graad 11-leerders en die graad 11-graadvoog en klasvoogde aangebied. Stalletjies waar boe­reworsrolle, …

Skooldrag was nie op die agenda toe leerders van Hoërskool Pietersburg verlede Woensdag Valentyns­dag by die skool gevier het nie, Slenterdrag, plaasklere en ‘n paar hartjies hier en daar was aanvaarbaar.
Dié dag wat as hoofgeldinsamelingsinisiatief vir die matriekafskeid dien, word deur die graad 11-leerders en die graad 11-graadvoog en klasvoogde aangebied.
Stalletjies waar boe­reworsrolle, roomys, melkysies, springmielies en oliebolle verkoop is, is sterk ondersteun en die meeste van die voorraad is in ‘n oogwenk opgeraap.
Van die leerders wat baie oortollige energie gehad het, het gou ‘n spontane dansgroep gevorm en hul maats met hul lawwe passies vermaak.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Caitlynn Taylor, Zanica Ferns en Leandri Kruger ondersteun die stalletjie.
Marené Pelser, Nita Koekemoer, Melissa Smit en Lauren Coetzee verken die stalletjies.
Back to top button