Suidskool verras met kultuurtalent
Die kultuurtalent onder leerders van Pietersburg Laerskool het gaste verlede Donderdagaand so beïndruk dat die skool inderhaas Maandag ‘n tweede vertoning weens enorme belangstelling moes organiseer. Leerders van graad 1 tot graad 7 het vir gaste ‘n onvergeetlike vertoning van kreatiwiteit op sy beste gelewer en die program het uit onder meer spreekkore, samespraak, solosang, …
Die kultuurtalent onder leerders van Pietersburg Laerskool het gaste verlede Donderdagaand so beïndruk dat die skool inderhaas Maandag ‘n tweede vertoning weens enorme belangstelling moes organiseer.
Leerders van graad 1 tot graad 7 het vir gaste ‘n onvergeetlike vertoning van kreatiwiteit op sy beste gelewer en die program het uit onder meer spreekkore, samespraak, solosang, spanredenaars en monoloë bestaan met die skoolkoor wat telkens die gehoor met kristalhelder stemme vermaak het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com