Swier, elegansie met PHS se operawenners

Twee van Hoërskool Pietersburg (PHS) se uitblinkers op sportgebied, Roy Stewart en Alida du Preez het Dins­dagaand die beoordelaars en gehoor tot so ‘n mate met hul verhoogtalent beïndruk dat hulle as vanjaar se Mnr en Mej PHS aangewys is. Die uitnemende rugbyspeler, Roy, se klavierspel en sangitem, en die topnaelloopatleet, Alida se skreeusnaakse uitbeelding …

Twee van Hoërskool Pietersburg (PHS) se uitblinkers op sportgebied, Roy Stewart en Alida du Preez het Dins­dagaand die beoordelaars en gehoor tot so ‘n mate met hul verhoogtalent beïndruk dat hulle as vanjaar se Mnr en Mej PHS aangewys is.
Die uitnemende rugbyspeler, Roy, se klavierspel en sangitem, en die topnaelloopatleet, Alida se skreeusnaakse uitbeelding van verskeie Afrikaanse treffers het vir hulle die pryse vir beste eie inisiatief besorg.
Die eerste prinses is Marcelle de Jager, tweede prinses Carmen Pratt, eerste prins Dian Geerkens en Hardus Saaiman en Pieter Hoogenboezem wat die prys as tweede prins deel.
Hardus is saam met Yvette Louw as Mnr en Mej Fotogenies aangewys. Dian en Marcelle is ook onderskeidelik as Mnr en Mej Persoonlikheid gekroon terwyl Carmen en Pieter die gewildste twee op sosiale media was.
Die aand is onder die tema “Phantom of the Opera” deur die senior Verteenwoordigende Leerderraad aangebied. Die 12 finaliste het eers met informele drag hul verskyning op die verhoog gemaak waarna hulle met hul eie inisiatief en kreatiwiteit die beoordelaars beïndruk het. Laastens het hulle die geleentheid gehad om in formele drag te pronk en vrae van die beoordelaars te antwoord waarna die wenners onder luide applous aangekondig is.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Na ‘n aand van groot opwinding
en humor is Roy Stewart en Alida du Preez Dinsdagaand as vanjaar se Mnr en Mej PHS aangewys. Hulle ontvang ook die pryse vir beste eie inisiatief-aanbieding
Anrich Enslin as byspeler in ‘n finalis se eie inisiatief-gedeelte.
Marcelle de Jager boots die bekende Flooze van Witbank na.
Alida du Preez en Roy Stewart met ‘n Afrika-tema tydens die informele drag-afdeling.
VLR-meisies Chené van der Merwe en Lindi Smit saam met finalis, Derik Joubert op die verhoog.
Back to top button