Van bye tot pikkewyne baljaar by Lentekapperjolle
Groot opgewondenheid het verlede Donderdagaand by Werk en Wen Pre-primêre Skool se Lentekapperjolle geheers en personeel het hul hande vol gehad om die jong akteurs rustig te hou terwyl hul hul beurte afgewag het om op die verhoog te verskyn. Plaaslike leraar en ouer van die skool, Thabang Bengani, het die verrigtinge met gebed geopen. …
Groot opgewondenheid het verlede Donderdagaand by Werk en Wen Pre-primêre Skool se Lentekapperjolle geheers en personeel het hul hande vol gehad om die jong akteurs rustig te hou terwyl hul hul beurte afgewag het om op die verhoog te verskyn.
Plaaslike leraar en ouer van die skool, Thabang Bengani, het die verrigtinge met gebed geopen.
Hierna het die Bytjies, Pikkewyne, Uile, Katte, Vissies en Hasies die gehoor in groepsverband met bekende liedjies en danse vermaak.
Skoolhoof, Monica Strauss, sê die konsert is oor twee aande aangebied om al die gaste te akkommodeer. “Die kleuters het vreeslik uitgesien en lank geoefen om hul passies reg te kry. Baie het vir die eerste keer op die verhoog verskyn en die jongste deelnemer is maar twee jaar oud”.
Storie, foto’s en video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com




