Verander die lewe se suurlemoene in limonade
Hartlikheid, ruimhartigheid en geesdrif vir die lewe ten spyte van terugslae het Wiele 500 se sesde Damesoggend met Italiaanse tema gekenmerk. Martelize Brink, RSG-aanbieder en gerekende koskenner, het die vroue Saterdagoggend by Grin Court verwelkom. “Waardeer wat jy vandag het want jy weet nie wat môre met jou gebeur nie. Niks is ‘n gegewe nie,” …

Hartlikheid, ruimhartigheid en geesdrif vir die lewe ten spyte van terugslae het Wiele 500 se sesde Damesoggend met Italiaanse tema gekenmerk.
Martelize Brink, RSG-aanbieder en gerekende koskenner, het die vroue Saterdagoggend by Grin Court verwelkom. “Waardeer wat jy vandag het want jy weet nie wat môre met jou gebeur nie. Niks is ‘n gegewe nie,” het sy gesê. Brink het ook demonstreer hoe maklik dit is om jou eie pasta te maak.
“Wiele 500 wil met hulle projekte help om mense wat in rolstoele is se entoesiasme vir die lewe te herwin en hul lewenskwaliteit te help teruggee,” het Michelle Engelbrecht, Wiele 500-trustee en prinsipaal van Exclusive Properties gesê.
Callsave het ‘n rolstoel aan Eeufeeshuis geskenk en Annemarie Breytenbach, eienaar
van Mickey en Minnie Kleuterskool het ‘n oefenfiets namens die skool aan Leander Visser oorhandig.
“Suurlemoene en olywe is suur en bitter op hul eie, maar sodra jy met hulle begin werk verander hulle en gee smaak aan bykans enige dis. Dieselfde gebeur met verhoudings en vriendskappe wat werk kos, maar die lewe beter, soeter en betekenisvoller maak,” was Marlene Calitz, Wiele 500-stigter se boodskap.
Die oomblik toe Jak de Priester die verhoog betree het, het gaste lustig saamgesing en ritmies hande geklap.
Keurige porsies is deurentyd bedien en die oggend is met ‘n uithalerete en nagereg afgesluit.
Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com










