Vrolike klanke lui koorseisoen vir Osies in
Laerskool Pietersburg-Oos se junior- en seniorkooroptrede Donderdag was oudergewoonte ‘n spesiale gebeurtenis. Ouers, grootouers en gaste was beïndruk met die hoë gehalte van die kore tydens die openingskonsert. Ervare koordirigent, Rita Erasmus, het gewys dat sy oor die vermoë beskik om reeds vroeg in die koorseisoen die beste uit elke leerder te haal en hul …

Laerskool Pietersburg-Oos se junior- en seniorkooroptrede Donderdag was oudergewoonte ‘n spesiale gebeurtenis.
Ouers, grootouers en gaste was beïndruk met die hoë gehalte van die kore tydens die openingskonsert.
Ervare koordirigent, Rita Erasmus, het gewys dat sy oor die vermoë beskik om reeds vroeg in die koorseisoen die beste uit elke leerder te haal en hul talent te ontgin. Ria Odendaal, hanteer die begeleiding.
Salomie Swart, ‘n Oosskool-ouer, het gesê die openingsaand is altyd baie gewild en die leerders sit alles in.
Die kore neem vanjaar in die Super 12- sowel as die ATKV Applous-kompetisie deel en sal ook by verskeie skoolgeleenthede optree.
Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za