Wenners, adrenalien van kaskarresies
Geluide van tekkiesole, wiele wat aan die teer vasklou en baie aksie was kenmerkend van die jaarlikse kaskarresies wat Vrydag by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied is. Met dié geleentheid is R203 259 ingesamel. Die waarde van geskenkte produkte soos boumateriaal beloop R80 042. Die graad 10-leerders het die meeste kontant (R57 278) geïn. …

Geluide van tekkiesole, wiele wat aan die teer vasklou en baie aksie was kenmerkend van die jaarlikse kaskarresies wat Vrydag by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied is.
Met dié geleentheid is R203 259
ingesamel. Die waarde van geskenkte produkte soos boumateriaal beloop R80 042.
Die graad 10-leerders het die meeste kontant (R57 278) geïn. Die juniorklas met hoogste kon-tantbedrag ingesamel, is graad 9A (R18 906) en die topseniorklas is graad 10A (R34 416).
Graad 11A en -12A deel die eerste plek as seniorwenners van die resies met ‘n totaal van 79 rondes. Die graad 10A-klas is tweede met 77 rondes en graad 11E derde met 74 rondes.
In die juniorklas was graad 8A eerste, graad 9A tweede en graad 8C derde.
Die produkwaarde van die topjuniorklas is graad 8E (R10 650) terwyl die seniorklas, graad 10B, met R24 553 eerste is.
Ander pryse is graad 11A en -B met die mooiste kuipe, graad 10A met die mooiste banier, graad 11A met die mooiste kaskar en graad 11A en -E met die beste gees.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






