Werk en Wen se sportdag ‘n wenner

Pietersburg Laerskool se atletiekveld was verlede Woensdagmiddag ‘n miernes van bedrywigheid toe kleuters en sommige ouers van Werk en Wen Pre-primêre Skool aan atletiek en toutrek deelgeneem het. Die Skilpadjies, Bytjies, Pikkewyne, Uile, Katte en Hasies het in kleurvolle drag met bypassende baniere aan ‘n optog deelgeneem voordat hulle die skool se kreet gegee het. …

Pietersburg Laerskool se atletiekveld was verlede Woensdagmiddag ‘n miernes van bedrywigheid toe kleuters en sommige ouers van Werk en Wen Pre-primêre Skool aan atletiek en toutrek deelgeneem het.
Die Skilpadjies, Bytjies, Pikkewyne, Uile, Katte en Hasies het in kleurvolle drag met bypassende baniere aan ‘n optog deelgeneem voordat hulle die skool se kreet gegee het.
“Elke kleuter is ‘n wenner by Werk en Wen en daarom het elkeen ‘n sertifikaat en ‘n medalje ontvang,” het skoolhoof Monica Strauss verduidelik.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Mia Neethling saam met pappa Renier Neethling op pad na die wenpaal.
Die Pikkewynklas se ouers wag om hulle wennertjies te vang.
Die Hasieklas met juffrou Hannelie Barnard.
Back to top button