Koop jou kaartjies nou vir die Winterfees!

Hierdie Junie beloof om die toon aan te gee vir die winter met vieringe tydens die Container Bar se Winterfees.
Op 2 Junie skop die fees af met ‘n optrede deur Tuin en Francois van Coke.
Tydens die tweede dag van die vierdagse fees sal Jay du Plessis, Riaan Benade, Juan Boucher en Dirk van der Westhuizen op die verhoog wees terwyl Pietman Geldenhuys, Brendan Peyper, Elandré, Franja du Plessis, JP Zeelie, Swerwer en The Barbosa Experience Saterdag gaan optree.
Die laaste dag van die fees sal Jo Black en Karlien van Jaarsveld op die verhoog wees.
Oud en jonk kan pret hê by die fees wat van 2 tot 5 Junie by Grounded Container Bar op die N1-Noord plaasvind.
Elke dag sal gevul wees met opwindende kompetisies om aan deel te neem. Daar sal ‘n verskeidenheid stalletjies op die feesterrein wees wat kos, drinkgoed, juweliersware, kuns en vele meer aanbied. Vir die kinders sal daar addisionele aktiwiteite wees.
Kaartjies:
• 2 Junie: R250 vir volwassenes en R150 vir tieners.
• 3 Junie: R350 vir volwassenes en R250 vir tieners.
• 4 Junie: R350 vir volwassenes en R250 vir tieners.
• 5 Junie: R200 vir volwassenes en R100 vir tieners.
• Naweekkaartjie: R1 050 vir volwassenes en R625 vir tieners.
Kinders onder 10 jaar kan gratis ingaan.
Kaartjies beskikbaar by quicket.co.za onder die skakel Container Bar Winterfees.
Programme:
11:30 Hekke open
18:30 Tuin
20:00 Francois van Coke
10:00 Hekke open
18:00 Dirk Van Der Westhuizen
19:00 Juan Boucher
20:00 Riaan Benade
21:00 Jay
10:00 Hekke open
12:00 The Barbosa Experience
12:30 Swerwer
14:00 The Barbosa Experience
14:30 JP Zeelie Live
16:30 The Barbosa Experience
17:00 Franja du Plessis
18:00 Pietman Geldenhuys
19:00 Brendan Peyper
20:30 Elandré
10:00 Hekke Open
13:00 Karlien van Jaarsveld
14:00 Jo Black
Kunstenaars:
Met die woorde van sy treffer Stop, Wag, Bly nog ‘n Bietjie moedig Brendan
Peyper Polokwane inwoners aan om die Winterfees by The Grounded Container Bar te besoek en so lank as moontlik te bly.
Brendan tree 4 Junie op en vertel hy sien uit daarna om weer die gehoor
in Polokwane te vermaak. “Ek is baie lief vir die mense in Limpopo en sien
uit na die lekker bosveldgevoel wat ek kry wanneer ek daar is. Dan sien
ek natuurlik ook uit na die optrede.”
Brendan vertel hy besoek Polokwane so gereeld soos een of twee maal ‘n
maand.
“Wanneer ek hoor van ‘n gemeenskap wat na my musiek wil luister is ek nog
meer opgewonde om terug te keer daarheen.”
Brendan het reeds op ‘n jong ouderdom begin kitaarspeel en in 2015
betree hy die Afrikaanse musiekbedryf met sy eerste album met die naam Stop, wag. Bly nog ‘n bietjie. Met treffers soos Die perfekte een vir my en Tafelberg vir Twee het hy Suid-Afrikaners bekoor en spoedig een van die gewildste kunstenaars in die land geword.
“Ek sal graag saam met die internasionale countrysanger, Kip Moore, in Amerika wil toer.
Ek sal ook by die Nashville Country Festival wil optree.” Vir aanhangers wat enkellopened is, is daar goeie nuus aangesien Brendan self enkellopend is en sy toekomstige vrou, wat hy dalk nog moet ontmoet, sy motivering is.
“My inspirasie kom van alledaagse gebeure, liefde, teleurstellings en uit
my onderbewussyn. Die beste dier wat my kan beskryf is ‘n leeu. Dit is my
sterreteken en leeus hou van jag, eet en slaap. Dit som my op.”
Aanhangers van Elandré kan daarna uitsien om hom op 4 Junie tydens die
Winterfees op die verhoog te sien.
Die 26-jarige Afrikaanse sanger het bekendheid verwerf na hy ‘n Bruce
Springsteen treffer, Tougher than the rest, by sy huis opgeneem het en op
sosiale media gedeel het.
Die opname het gelei na ‘n optrede by Bokradio en ‘n platekontrak by Select Music. Tussen 2016 en 2020 stel hy drie albums vry met treffers soos Woorde uit jou mond, Tussen die lakens en Vuur op die water.
“Ek kom keer op keer terug na Polokwane toe vir die musiek en die
mense wat dit met my kan deel. Ek sien uit daarna om in te loer by die mense van Polokwane, en bietjie saam te sing.
Die feesprogram alleen is al klaar ’n teken van ’n goeie tyd. Ek is so geëerd
om saam met die groep hierdie fees aan te vat.”
Daar is twee spesifieke plekke waar Elandré nog vreeslik graag wil optree; die Grand Ole Opry in Nashville, Tennessee in die VSA en die Taal Monument in die Paarl.
“Shania Twain het my geleer toer.
Sy smelt ‘n danssaal gig en ‘n stadion vertoning saam wat ‘n mens eerlik
aanraak so tussen die vuurwerke deur.
Dit sal darem maar goed wees om saam met haar te harmoniseer eendag.”
Elandré voeg by dat hy sy inspirasie uit mense put.
“Ek geniet dit om ‘n lig te skyn op die alledaagse menseverhale met grein, en oomblikke wat mens wil vasvang vir die toekoms. Dit gaan oor die klein goed, so ook met liriek en musiek. Die toekoms is my motivering, en my familie en vriende is die kompas wat help dat ek voort vaart. Hopelik kan ons in die proses die wêreld ‘n beter plek te maak.”

Well-known Afrikaans alternative rock artist Francois van Coke will visit
Polokwane for the second time this June.
He will be part of Thursday’s lineup at the Winterfees at the Container Bar. Van Coke gained fame during the early years of the 21st century as the lead singer for the bands Fokofpolisiekar and Van Coke Kartel.
In 2015 he decided to start his solo career and launched his first solo album
featuring the hit song Toe vind ek jou, which is a duet with Karen Zoid.
“I have been to Polokwane only once before and look forward to performing there again. I love music and will play anywhere on Earth and I am excited to return to Polokwane.”
During his seven years of solo performances, Van Coke recorded songs
with artists like Early B, Jack Parrow, Spoegwolf and Die Heuwels Fantasies and one of his dreams is to tour with Die Heuwels Fantasies.
“I would also like to visit America to perform there.
“My inspiration comes from everything around me and my family
is my biggest motivation. Music always came first in my life until I started my own family.”
Van Coke’s spirit animal is Tasché Burger, the winner of the third season of
The Voice SA in 2019, during which Van Coke mentored her.
Reeds vanaf ‘n jong ouderdom stel Pietman Geldenhuys belang in musiek
en die vermaaklikheidswêreld. Tog, nadat hy op sesjarige ouderdom die
eerste keer as solis in die kerk opgetree het, verken hy eers ander beroepe, soos trekkerdrywer en verkoopsman.
In Engeland was hy ook straatmusikant en dit is hier waar hy deur ‘n plaaslike musikant raakgesien is. Nadat hy saam met dié musikant
begin optree het, het hy in eie reg as musikant begin floreer. Vir bykans 18
maande is hy voltyds in kroeë en ander kruierplekke te sien voordat hy terugkeer na Suid-Afrika en aan City Varsity studeer om omroeper en akteur te word.
Pietman is ook bekend as Pietman die Skot en Peter Mitchell en was mede-
aanbieder van Oppiestoep op Kyknet.
Pietman vertel sy besoek aan Polokwane vir die Winterfees, mag dalk
al die sesde besoek aan die stad wees.
“Ek onthou veral een aand saam met oom Ollie Viljoen en ook ‘n geleentheid wat deur Mev. Polokwane aangebied was. Ek sien uit daarna om tydens die Winterfees weer daardie deel van die land en sy mense te
sien en ook om weer met my kollegas toue te kan optel. En natuurlik sien
ek uit na die N1,” vertel hy laggend.
Hy erken die mense en hul liefde vir vermaak bring hom telkemale weer terug na die noorde.
Hy droom daarvan om nog saam met Bob Dylan te toer, aangesien hy grootliks deur Bob beïnvloed is en Pietman graag sy stories eerstehands
sal wil beleef.
“Ek sal graag eendag by die Royal Albert Hall wil optree. Ek het darem
al die voorreg gehad om by die Hammersmith Apollo in London op te
tree.”
VINNIGE FEITE:
Uit wie of wat put jy jou inspirasie?
Uit elke gehoor voor wie ek die voorreg het om te kan optree.
Wie of wat is jou grootste motivering?
My vrou is beslis my grootste motivering omdat sy my heeltyd aanspoor en
aanmoedig om nuwe dinge aan te pak.
Wat is jou ‘spirit animal’?
Iets tussen ‘n meerkat en ‘n verkleurmannetjie.


