Local newsNewsStreeknuus

Eden-gemeente se teologie-studente kry diplomas

Die Seminarium is geakkrediteer by die nasionale Suid-Afrikaanse owerhede vir Hoër Onderwys en bied ’n geregistreerde en geakkrediteerde BTh Graad in Teologie aan.

Teologie-studente wat in 2021 by die Eden-gemeente op Bronkhorstspruit afgestudeer het, het hul diplomas op Saterdag, 19 Maart ontvang.

Die Diplomaplegtigheid is deur die Christelike Gereformeerde Teologiese Seminarium (CGTS) op Bronkhorstspruit aangebied

Die CGTS bestaan al vir sowat 78 jaar en is sedert 2006 op die kampus van die Eden Gemeente, Versterpark, Bronkhorstpruit gestasioneer.

Die CGTS gebruik ’n afstandsonderrig model van opleiding deur middel van die internet, in Afrikaans of Engels.

Studente van alle kulture en van enige plek in Suid Afrika word van hier af opgelei om as predikante, sendelinge, evangeliste, kleingroepleiers, beraders, ens. te kan funksioneer.

Die Seminarium is geakkrediteer by die nasionale Suid-Afrikaanse owerhede vir Hoër Onderwys en bied ’n geregistreerde en geakkrediteerde BTh Graad in Teologie aan, aook ‘n reeks nie-geakkrediteerde kort kursusse as lidmaattoerusting, onder die naam Timoteus Akademie.

“Ons het tot aan die einde van 2021 ook ’n geakkrediteerde diploma aangebied. Hulle is dus ons laaste groep diploma studente. Van ons graadstudente sal ook deeleem aan die plegtigheid en sal prestasietoekennings ontvang,” het ds. Gerhard Olivier, die administratiewe registrateur, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button