Bethal 2-in-1-marathon aangebied
BETHAL – Die Bethal Marathonklub bied op Vrydag, 27 April ’n 2-in-1-wedloop by Laerskool Marietjie van Niekerk aan.
Dit behels ’n 21km-halfmarathon, ’n 10km-wedloop en ’n 4,2km-pretloop.
Die wedloop begin om 7vm en die pretloop om7.10vm.
Daar is groot pryse vir die wenners.
Koste beloop R15 vir die pretloop, R30 vir die 10km-wedloop, R60 vir die 21km-wedloop en mense bo 60 jaar is gratis.
Vir meer inligting, skakel mnr. Pieter Botes, klubvoorsitter, by 071 647 5315 of 082 920 7555.