Bethal Marathonklub se 2-in-1-wedloop vind een van die dae plaas

BETHAL – Die Bethal Marathonklub bied op Maandag, 27 April ’n 2-in-1-wedloop by Laerskool Marietjie van Niekerk aan.

Dit behels ’n 21km-halfmarathon, ’n 10km-wedloop en ’n 4,2km-pretloop.

Die wedloop begin om 7vm en die pretloop om7.10vm.

Daar is groot pryse vir die wenners.

Die klub nooi Bethallers om hulle te ondersteun.

Koste beloop R15 vir die pretloop, R30 vir die 10km-wedloop, R60 vir die 21km-wedloop en mense bo 60 jaar is gratis.

Vir meer inligting, skakel mnr. Pieter Botes, klubvoorsitter, by 017 647 5315 of 082 920 7555

Back to top button