Secunda Tafelronde se potjiekoskompetisie is om die draai

BETHAL – Die Tafelronde van Secunda 231 bied in samewerking met die DA ’n potjiekoskompetisie en Boeremark aan om geld vir behoeftiges in te samel.

Dit vind Saterdag, 18 April op die hoek van Bangley- en Marklaan plaas.

Mense kan hul potjies teen R100 inskryf of stalletjie teen R50 huur.

Daar is ook groot pryse vir die wenners.

Vir meer inligting, skakel me. Michelle Viljoen by 060 491 7038 of mnr. Ruan van der Merwe by 072 909 0988.

Back to top button