Tuinbouklub vergader
Die Tuine & Tossels-lede reël vir Woensdag 18 Maart ‘n uitstappie na Antiek Sjiek in Hendrina.
Almal kom Woensdagoggend om 08:45 by Mugg & Bean, Ermelo bymekaar en vertrek om 09:00 saam na Hendrina.
Kom geniet die dag saam. Vir tuinboulede is die koste R50 per persoon en vir nie-lede R60.
Enige persoon wat ‘n saamry-geleentheid benodig, moet vroegtydig met Estelle Vermaak by 082 771 6997 reël.
Bevestig asseblief teen Maandag 16 Maart sodat alle rëelings gefinaliseer kan word.