Banele Mashaba van die Jim van Tonderskool se toutrekspan kap vas tydens die toutrekkompetisie teen Secunda.
BETHAL – Die PlaasJuppie Fees op 28 Mei by Jim van Tonderskool het ’n leemte gevul nadat die suksesvolle Bethal N17.comFees bykans vyf jaar gelede aangebied is.
Daar was verskeie markstalletjies op die rugbyveld, sowel as in die skoolsaal, markiestent en lapa.
’n Groot verskeidenheid kosstalletjies het almal se honger gestil en kinders kon veilig speel en baljaar.
Me. Ingrid Human het ’n keurvolle musiekprogram met opkomende sangers saamgestel.
Beeskraal het twee keer deur die dag opgetree.
Die biertent en Cape Legends Wine-tent het vir gesellige kuiers gesorg.
Me. Hanlie Swanepoel het haar ouma- hoed gedra.
Esmond vermaak feesgangers op die hoofverhoog.
Allison Cronjé, Luzanne de Plessis en Tanya van Aswegen het aan die modelkompetisie deelgeneem.
Mnr. Gerd Meyer was een van die seniorburgers wat ’n prettige hoed gedra het. Hulle kon gratis by die fees ingaan as hulle ’n snaakse hoed gedra het.
Georome Bean, Ricardo Viljoen en RW Swart het dié trapkarre die meeste geniet.
Me. Hanlie Swanepoel het haar ouma-hoed fees toe gedra.
Calen Swart (10) glimlag vir die beoordelaars tydens die Mej. PlaasJuppiekompetisie.
Attie Steenkamp kon nie wegbly van dié groot trekker wat by die fees uitgestal is nie.
Mnr. Gerd Meyer was een van die seniorburgers wat ’n prettige hoed gedra het. Hulle kon gratis by die fees ingaan as hulle ’n snaakse hoed gedra het.
BJ Brophy het met sy 1938 Ford by die fees geskou. Verskeie Ford-veteraanmotors is ook uitgestal.
Izélle en Danelle Bezuidenhout het met hul prettige pruike die fees saam met hul ouers geniet.
Gerrit Pierneef, Morné de Klerk en Joe-Ann Schoeman het aan die PlaasJuppie Kokkedorekompetisie deelgeneem. Hulle moes onder anderre Haloumi en Mozzarellakaas gemaak het.
Jabin July en Shanique van Wyk het gekyk hoe die mense toutrek. Hulle het die spookasem baie geniet.
Izélle en Danelle Bezuidenhout het met hul prettige pruike die fees saam met hul ouers geniet.
Donaé van der Walt het feesgangers beïndruk met haar sangtalent.
Mnr. Riaan Jacobs en me. Daleen Jacobs het Beeskraal se opvoering geniet.
Attie Steenkamp kon nie wegbly van dié groot trekker wat by die fees uitgestal is nie.
Jano van der Linde, Cobie Wahl en Wessel Grobler berei kos voor vir die PlaasJuppie Kokkedorekompetisie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!