Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyle

Drome kry vlerke by Quantum Energy Hoëveld Fees

In dié wonderlike produksie span Hennie Smit en Arina de Witt kragte saam om As Drome Vlerke Kry aan te bied.

Feesgangers het gisteraand omtrent aan die lippe van Hennie Smit en Arina de Witt gehang tydens die verhoogproduksie As drome vlerke kry.

In ’n aftree-oord beleef twee wêreldbekende vermaaklikheidskunstenaars die mooi van vervloeë dae in herinnering.

Dis konserttyd by Huis Silwerjare en almal is in rep en roer om alles reg te kry vir die verhoog.

Arina de Witt (Aria Von Waltzleben, alias Fanny Galore) boorling van Ariamsvlei, ster van die sestigerjare in Las Vegas, ’n “geesgenoot” van Maria Callas en Edith Piaf.

Hennie Smit (Egbertus Wolmarans) boorling van die Swartland, onderwyser van Ariamsvlei, beroemde vermaaklikheidster en akteur wie se hartsnare nog al die jare roer vir Aria.

Huis Silwerjare se konsert kan nie sonder Aria en Egbertus gebeur nie.

In dié wonderlike produksie span Hennie Smit en Arina de Witt kragte saam om As Drome Vlerke Kry aan te bied.

Die produksies is aangebied met die ondersteuning van Christo Strydom Nutrition, Stuttaford van Lines, RSG, Sounds Good en McCarthy Volkswagen Arcadia.

(Bron: Lefra Produksies – www.lefra.co.za)

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button